Al ooit gewonder hoe dit moet voel om oornag volksbesit te word?

Om in ’n oogwink te gaan van klein paddavisvangende Kuilsrivier-seuntjie na ʼn huishoudelike naam?

Neels van Jaarsveld word tans beskou as een van Suid-Afrika se veelsydigste akteurs. Innoverend. Inspirerend. Fassinerend. Wille tye. Warrel tye. Hou verbye. Introspeksie. Min direksie. Baie direksie. Narkolepsie. Mylpale. Vol sale. Bondig. Boeiend. Bindend. As akteur in Jagveld, Vir die Voëls, Die Rebellie van Lafras Verwey, ’n Man soos my Pa, Knysna, Bloedbroers, Fluiters, Getroud met Rugby, Binnelanders, Boks, Die Goue Seun, Innierof.

Neels van Jaarsveld bied jou ’n backstage pass na die beste en snaaksste stories van sy lewe, die vermaaklikheidsbedryf en sy kinderdae. Dinamiet kom immers in klein pakkies. ’n Outobiografiese tuimeltrein gebaseer op ’n ware verhaal. Om die waarheid te sê, dis heel moontlik als die waarheid.

Met: Neels van Jaarsveld

Regisseur: Neels van Jaarsveld

Teks: Neels van Jaarsveld
Musiek: Ryno Velvet

Genre: Eenmanvertoning
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R122
Plek: Bergland Laerskool, Nelspruit
Datum: Vr 7 Jul 18:00, Sa 8 Jul 09:00

innibos 2017


Op my eish!


Op my eish!


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply