Marion Holm en Chris Vorster het nog ‘n jaar oorleef en deel dankbaar en plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het.
Pick & Pay-tannies wat hang aan hulle trollies, Facebook-couples wat kloek en koer en heel duidelik mekaar se selfoonnommers verloor het, die Verkeersdepartement, Whatsapp-groepies, Gym Freaks: Motiverende Maniake, Tarzan Tiete, Pronk Poue, Zumba Zoemers en Judge Judy’s … Noem dit – en jy kry dit!
Hierdie vertoning is spesiaal vir die’s wat kort is van draad – volg hierdie goeie raad: Gee ons spasie – want hierdie is Irritasie vir die Nasie!
Met: Marion Holm
Regie: Chris Vorster
Teks: Marion Holm, Chris Vorster
Ontwerp: Chris Vorster
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Handyminds
Operasie Holm
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R125
Plek: Wynand Mouton, Bloemfontein
Datum: 9 Julie 19:00, 10 Julie 13:30, 13 Julie 16:00, 14 Julie 10:00
Operasie Holm

Operasie Holm
Roekeloos
2
