DURBANVILLE – Soos ons ouer word is meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. En dié wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ’n Halwe waarheid in die 50’s, word ’n voldonge feit 50 jaar later. ’n Wolhaarstorie word ge-“blow-dry” tot ’n manjifieke “beehive”, en ’n besope “one-night stand” verander jare later in ’n pragtige kortstondige romanse. Hierdie komedie-kabaret gaan jou een oomblik laat skaterlag en die volgende oomblik saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken. En natuurlik altyd met ’n skeut nostalgie. Van Ouma se debuut in Ouma is op pad skryf ’n gehoorlid: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super-humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag, terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”
Teks/Lirieke en regie: Jurgen Human
Met Margit Meyer-Rödenbeck as Ouma en Coenraad Rall as die Tokkelaar
Musiek: Coenraad Rall
Geen onder 13 (Taal)
25, 26 Maart om 20:30 Die Boer teater restaurant (Durbanville) 021 979 1911 / www.dieboer.com
28 Maart om 18:30 KKNK- kykNET Hoêrskool Oudtshoorn Webtickets
29 Maart om 13:00 KKNK- kykNET Hoêrskool Oudtshoorn Webtickets
3 April om 13:00 KKNK- kykNET Hoêrskool Oudtshoorn Webtickets
4 April om 13:00 KKNK- kykNET Hoêrskool Oudtshoorn Webtickets
1 Mei om 09:30 Suidoosterfees- Burgermeestersaal- Kaapstad Webtickets
