Ouma en Oupa sit op die stoep

Komedie met skreeusnaakse sketse van grepe uit die lewe van die 60-jarige. Kom lag saam met die eksentrieke Stanley en Debora van die gewilde RSG-vervolgverhaal Kniediep. Die Oupa en Ouma wat jou beskerm as Ma en Pa sê hulle gaan jou gatvelle aftrek, maar ook die enigstes wat vir hulle kan sê wat om te doen. Oupa en Ouma na wie ons altyd opgekyk het, maar nou buk ons as ons hulle wil soen; hulle van wie ons seker is hemel toe sal gaan en wat nog elke verjaardag vir jou ’n kaartjie met ’n geldjie stuur wat sê: Met baie liefde van Ouma en Oupa. Hulle wat jou die verskil geleer het tussen draadloos en radio, maar luister self net draadloos.

Stanley en Debora, Ouma en Oupa, jy ken hulle al klaar!

Vir die hele gesin.

Met Johan Botha

Cederberg Kunstefees 2009

Tydduur: 70 min
Kaartjies: R50 per persoon
Besprekings: Cederberg-feeskantoor by telefoon 027 482 1090

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar