Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.
Maar met die lat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daars baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.
Met Margit Meyer-Rödenbeck, Teks en Regie: Jurgen Human; Coenraad Rall as die “Tokkelaar” op klavier en musikale verwerking.
Ouma skop af met twee pre-views by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 19, 20 Maart- 021 979 1911/ www.dieboer.com en dan vat ons die pad Oudtshoorn toe- 28-30 Maart- Kaartjies by Webtickets Sy loer ook in by die Suidoosterfees vir sy 21 jaar viering. Ja Pretoria, Ouma sal julle nie vergeet nie- 30 Mei by die Atterbury Teater / Atterbury Theatre Pretoria en dan sal sy kyk waar die gees haar lei.