Ouma Ossewania praat vuil

Wanneer Evita Bezuidenhout se moeder van 102 jaar, Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel, haar gedagtes begin uitspreek, word verlede en toekoms ´n dol spulletjie. Moenie hierdie orgie van opinies misloop deur ´n vrou wat die grootste gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis deurgemaak het nie, van die Anglo-Boere Oorlog, apartheid tot by die reënboognasie en sy huidige demokrasie. Ouma ontlont heeltemal wanneer sy haar bitter gevoelens en intieme gedagtes met gehore deel. Hierdie lagwekkende, uitdagende en hoogs vermaaklike memoir is gelaai met politieke en sosiale kommentaar, en bied ´n humoristiese en openlike kykie by monde van die Boere Volksmoeder.

Ouma Ossewania praat vuil – in Afrikaans en in kleurvolle taalgebruik wat ´n tert uit Benoni se wêreld sal laat bloos. Van die ouetehuis in Augustus 2004, spreek Evita se moeder haar ten einde laaste uit. Ongesensor, maar met goeie smaak en sonder om weg te skram.

 

bydrae: Claire Pacariz

Lewer kommentaar

Leave a Reply