Ouma wys angel is protesteater.
Hoewel ons mal is oor ons kleinkinders sal ons nie langer toelaat dat skoondogters ons onderskat, ondermyn en misbruik nie. Oumas van die wêreld verenig!
Lag-lag, met hier en daar ’n knyp, bekyk Louise van Niekerk hedendaagse mammas en al hul geite. So word Ouma wys angel ’n katarsis vir die immer diplomatiese oumas wat deurgaans swyg om die vrede te bewaar.
’n Moet vir alle ouers en grootouers, maar liefs nie saam by dieselfde vertoning nie …
Première.
Heimatsaal, Potchefstroom – 60 min. – R80.
4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. – 16:00, 7 Okt. – 20:00, 8 Okt.– 09:00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Beste Louise, Ek is werksaam by ‘n aftree-oord in Pretoria, en is van mening dat “ouma wys angel” groot aftrek by die inwoners sal vind. Is dit moontlik dat jy dit aan huis van die aftree-oord kan opvoer? En indien wel, kan jy my dan asb laat weet van die wie, wat, waar, wanneer en hoe – asook die kostes. Ek sal jou terugvoer baie waardeer. By voorbaat dank, Aloma