Die Ierse akteur Peter O’Toole is 14 Desember oorlede in die ouderdom van 81 jaar.
O’Toole het bekend geraak na sy hoofrol in Lawrence of Arabia (1962). Ander films waarvoor hy onthou word, is: What’s New Pussycat? (1965), Goodbye, Mr. Chips (1969), Murphy’s War (1970), Man of La Mancha (1972), Masada (1981), My Favorite Year (1982), The Last Emperor (1987), Troy (2004) en Venus (2006).
Ten spyte van sy sukses in film het O’Toole nooit afgesien van sy teaterwerk nie en was hy tot 1999 nog gereeld op die verhoog te sien.
Hy het Britse ridderskap in 1987 van die hand gewys weens persoonlike en politieke redes.
