Die kitaarduo CH2, Internasionale Crown of the Continent en SAMA 2012 wenners, span saam met die multibekroonde aktrise Lizz Meiring.
Ping! is ’n komiese kleinkuns kitaar en klets kabaret en kombineer meesterlike musiektegniek, met meesterlike vertolkingskuns.
Daar’s kitaarspel op die mees ongewone instrumente, ‘n new-age weergawe van musiek en slimsnaakse sketse, bekende klassieke kitaarstukke wat andersom, agterstevoor gespeel word, ‘n gehoorspel met pentatoniese toonlere, ongewone verwerkings wat gehore laat skater, asook ‘n kitaar wat dialoog praat, en ‘n tong in die kies homage aan die ou meesters.
Die musikale maestro Coenraad Rall is die musiekregisseur en toesighoudende regisseur. Die teks is deur Lizz Meiring .
Vandag om 20h00 by Centurion Teater.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)