Pinnochio en die towerstaf

Die stuitige kinderkarakter Pinnochio is terug met ‘n nuwe lus om die wêreld te verken.

Gelukkig is Pappa Geppetto altyd daar om hom op koers te hou. In hierdie avontuur is Geppetto gevra om vir die koningin ‘n towerstaf as verjaarsdagpresent te maak, maar dit is ‘n groot geheim. Wanneer Pinnochio se pad egter kruis met dié van Andre Langvingers, eiendomsverplaser van formaat, en hy hierdie geheim verklap, begin dié poppie dans. Pinnochio moet die towerstaf terugkry en dit sonder om te jok.

Nelmari Kemp en Deon van Zyl is ‘n gedugte span wat al saam gewerk het aan verskeie kinderproduksies, onder andere die uiters suksesvolle Vlooi-reeks, Die avonture van Pippie Langkous en Jakkals en Wolf.

Pinnochio en die towerstaf is 9 Julie, 10h00 by die Ou Meulteater in die Paarl. Bespreek by 083 564 00 56 / vstemmet@gmail.com .

Lewer kommentaar

Leave a Reply