Pretoria kry sy eie Nasionale Kunstefees

Pretoria kry vanjaar sy eie kunstefees, die Jacaranda Nasionale Kunstefees.

Hierdie viering van die kunste vind plaas by die Harlequins Klubgronde en Crawford College gronde in Groenkloof, Pretoria vanaf 26 April tot 2 Mei 2010.

Die tafel is gedek vir ‘n week van vermaak.

Op Maandag, 26 April 2010 skop dit af met die Vonk-wenners op die hoofverhoog. Daar is ook ‘n “Sterre van Weleer”-galafunksie wat die aand in een van die produksiesale plaasvind.

Rekord bied op Saterdag, 24 April 2010 ‘n “Face of Jacaranda”-skoonheidskompetisie aan.

Die “Castle Buite Verhoog” skop begin daagliks om 11h00 voormiddag tot 17h00 namiddag waarna al die aksie na die Hoofverhoog verskuif vanaf 17h00 tot 23h00.

Meer as 50 teaterproduksies speel in verskillende sale vanaf Dinsdag, 27 April 2010 tot Saterdag, 1 Mei 2010 met verskeie bekroonde produksies wat aangebied sal word.

Pedro Camara, bekende en bekroonde akteur (Carlos van 7de Laan) is gesamentlik aan die stuur van die fees. Die beskermheer vir die uitvoerende kunste is die bekende Zane Meas.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Hierdie kan nou net hope pret wees in Blou Bul-land!!! Ek sien uit na die fees en baie dankie vir ons eie fees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply