Prikkel Pot

Die storie handel oor ‘n middeljarige vrou wat haarself 4 nm in haar stadskombuis bevind.

Sy het haar man Frik se gesnorkery in die slaapkamer probeer ontsnap. Sy besef dat sy haar jeugdige, wilde oer-identiteit verloor het, en betreur die feit melancholies.

Sy sit ‘n pot op die stoof en begin weer onthou wie sy werklik is, agv die reuke van die kruie en speserye in die konkoksie in haar pot op die stoof (vandaar die titel Prikkel Pot), die pot prikkel letterlik haar geheue.

Sy beweeg terug in tyd en word weer die Oer-Afrika vrou wat sy was; sy speel weer drom, sing, dans, maar sy besef ook sy is eensaam.

Sy besluit sy gaan ‘n sielsmaat – ‘n man lok – deur ‘n spesiale brousel te meng in haar driebeenpot. Met liplekker en aardige bestanddele, vermeng met uitlokkende liedjies, dans passies en gedigte, lok sy haar sielsmaat stadig nader en nader …

Geskryf en opgevoer deur Marié Beytell.
Die regisseur is Lochner de Kock.

Prikkel PotPrikkel Pot is van 12 tot 24 Julie by die Staatsteater in Pretoria. Kaartjies is R80 en R60 vir studente.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply