Die KKNK vier volgende jaar drie dekades van uitnemende kuns, kultuur en feestelikheid. Die 30ste KKNK van 28 Maart tot 4 April 2026 in die hartjie van die Klein Karoo op Oudtshoorn word aangebied!
Alle kunstenaars, kreatiewe skeppers en denkers word uitgenooi om innoverende en kreatiewe aansoeke in te dien vir oorweging om deel te wees van die mylpaal-viering! Volledige programriglyne, met inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, ’n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting, is aanlyn beskikbaar. Daar is ook ’n begrotingsraamwerk om jou aansoek te vergemaklik.
Slegs aanlyn aansoeke, wat voor die sluitingsdatum van Maandag 14 Julie om middernag ingedien is, word oorweeg.
Klik hier vir die vorm en meer inligting

