Dit is vanjaar 26 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Die produksie word vanjaar spesiaal by die Innibos Kunstefees aangebied op Saterdag, 5 Julie om 12h00 by die Nelspruit Hoërskool. Besprekings kan gedoen word by www.innibos.co.za 0118153000 of by www.LTickets.co.za

Gé Sing: Hoor My Lied beloof ‘n aand se elegante vermaak, geskik vir die hele gesin, wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring. 

Lewer kommentaar

Leave a Reply