Alle aanbieders, vervaardigers en kunstenaars word genooi om voorstelle vir moontlike insluiting by die KKNK 2018-program in te dien. Die 24ste KKNK word van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April 2018 op Oudtshoorn aangebied.

Die KKNK is veral op soek na innoverende en relevante Suid-Afrikaanse werk van uitstekende gehalte, met voorkeur aan nuwe werk. Lees meer in hierdie dokument oor al die inhoud wat hulle vir 2018 verlang.

Programriglyne

Dien jou voorstel so gou moontlik, maar voor die sluitingsdatum van Maandag, 17 Julie 2017, aanlyn in.

Meer besonderhede by http://kknk.co.za/program-aansoeke/

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar