Daar word beweer dat die verhoudingsterapeut, Mahesh Maharaj, die beste in die bedryf is. Met sy “alternatiewe” metodes kan hy enige verhouding back on track bring. Kan Mahesh vir Olivia en Alan help om hul huwelik van 12 jaar te red nadat Olivia vir Alan op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap het? Hier sit die twee, in die derde van ses sessies, om te praat oor hul gevoelens. Met skreeusnaakse dog opregte gevolge.

Rondomtalie/Marry-Go-Round is as debuutproduksie by die Suidoosterfees in Mei aangebied. Gehore het letterlik geskreeu soos hulle lag en baie het gesê dit is een van die varsste, nuutste komedies wat hulle nog op die planke gesien het.

Maar, is dit net komedie?

 “Dit slaan nogal hard by tye – soos ons die verhouding verken en eerlike gevolge blootlê, met teer oomblikke wat nogal hard ruk aan die hartsnare tussen die gelag soos ons die paartjie se baie werklike stryd met hulle beleef,” verduidelik die skrywer/regisseur, Rafiek Mammon.

Die paartjie word meesterlik gespeel deur Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo vertolk die rol van die verhoudingsterapeut wat as’t ware die gom is wat die hele brose, dog skreeusnaakse, affêre bymekaar hou. 

 JUNIE TOER

10, 11 JUNIE     om 20h30           Die Boer teater-restaurant in Durbanville- 021 979 1911 / www.dieboer.com

12 JUNIE om 19h00                         The Drama Factory- Strand- www.thedramafactory.co.za

13 JUNIE om 19h00                         Die Koelkamers-Paternoster- www.diekoelkamers.com

Ook by Aardklop in Oktober.

Margit Meyer-Rödenbeck, Gary Naidoo. Deon Lotz foto Gys Loubser
Margit Meyer-Rödenbeck, Gary Naidoo. Deon Lotz, foto: Gys Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply