RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie

RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie vir 2010 is pas in Johannesburg van stapel gestuur.

Om vir die kompetisie oorweeg te word, moet nuwe radiodramas aan RSG se voorskrifte voldoen. Hierdie voorskrifte is saamgevat in ’n handleiding en reëls wat op RSG se webwerf beskikbaar is by http://www.rsg.co.za/aflaai_dokumente.asp.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 30 Junie 2010.

Die wenners word ryklik beloon met R20 000 vir die eerste prys, R10 000 vir die tweede en R7 000 vir die derde plek. Daar kan ook ’n prys van R7 000 as spesiale aanmoediging toegeken word, wanneer toepaslik.

Die wentekste en ander tekste wat vir uitsending geskik is, sal ook teen vergoeding opgevoer en uitgesaai word.

Die handleiding kan ook by margaret@rsg.co.za of margot@rsg.co.za, asook by 021 430 8166/8204 of 011 714 2018 bestel word.

Sanlam
Sanlam

Navrae: Margot Luyt 021 430 8204 / 082 772 8836

Lewer kommentaar

Leave a Reply