SKOP – Kyk, luister en ervaar bedwelmende beeldspraak – saamgeflans met bekgeveg-digkuns, kletskomedie en fisieke teater.
Die gatskoppers is: Sjaka Septembir, wat al beskryf is as die ‘hoerkind van die Afrikaanse letterkunde’ en ook as ‘literêre terroris’; Gertjie Besselsen van Mr. Cat and the Jackal-faam – ‘n gesoute musikant wat al lank sy talente saamweef met teaterproduksies; en Isabelle Grobler, ’n internasionaal bekende installasie- en opvoerkunstenaar wat ook ’n opgeleide hanswors is.
Met: Sjaka Septembir, Gertjie Besselsen en Isabelle Grobler
Genre: Digkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur
Plek: Akkoordtent, Breytenbach Sentrum, Wellington
Datum: 15 September, 21:00
Skop oop die koppe
Skop oop die koppe
Roekeloos
2.5