So … You think you can love?

Sonia Esgueira bied ‘n skreeusnaakse nuwe komedie by die Kunstekaap Arena in Kaapstad aan oor afsprake maak, ontkenning en die nimmereindigende soeke na liefde.

Dit wissel van spoed-afsprake, lukrake ontmoetings, tot ogies maak vir ‘n gay man. As daar een ding is wat Esgueira jou kan leer – is dat daar nie so iets soos te veel wyn voor ‘n eerste afspraak bestaan nie.

“As jy al ooit gewens het dat Cupido jou in die agterent moet skiet – dan is dié vertoning vir jou!”

So … You think you can love? is by die Kunstekaap tot 30 Maart.

Kaartjies wissel van R70 tot R110.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply