Soetbek

Is jy moeg? Terneergedruk? Depressief? Behandel die lewe jou soos ‘n goedkoop straatprostituut?

Voel dit of die wêreld se probleme te veel raak? Vind jy jouself dikwels in ‘n aggressiewe uitbarsting met jou man/vrou, kinders of troeteldiere?

Depressie en angstigheid is ‘n realiteit en dus word u sterk aanbeveel om hierdie toneelstuk te gaan kyk. Dit is propvol komiese sketse en snaakse satires wat jou binne oomblikke sal laat skater van die lag.

Vergeet van al jou probleme deur die regte besluit te maak. Gaan voort om te skreeu op jou onhulpvaardige hamster, of gaan kyk die toneelstuk. Dis net die regte medisyne!

Met: Johan Falck, Frans Josias Hamman, Stefan Krynauw, Amori Stols, Heine J. van As en Elizna Vermeulen.

Skrywer / Regisseur: Hannes Spangenberg

27 & 28 Augustus by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch.

Kaartjies: R70 / R50
Besprekings: 021 883 8164

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply