Amy Jephta en Ephraim Gordon span kragte bymekaar vir die eenmanverhoogstuk, Soldaat: die storie van ‘n jong man wat dit sy persoonlike missie maak om sy gemeenskap
te verander.
Die 21-jarige Nadir neem skuiling in ‘n gevandaliseerde skoolgebou om voor te berei vir ‘n totale aanslag op ‘n groep mans wat sy gemeenskap terroriseer. Soos hy dieper en dieper in die psige van ‘n soldaat in glip – die van ‘n vigilante – bevind hy dat hy dieselfde ondervindinge herleef van jong mans en vroue soos hy, wat geleef en gesterf het vir ‘n saak; mense soos Ashley Kriel en Anton Franch, deur wie se are die bloed van revolusie gevloei het.
Nadir is bereid om sy lewe prys te gee, sodat sy gemeenskap vry kan wees van euwels.
Met: Ephraim Gordon
Regisseur: Amy Jephta
Teks: Amy Jephta en Ephraim Gordon
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 13 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: Artscape Arena, Kaapstad
Datum: DO. 27 APRIL 2017 (20:00 – 21:00) | SA. 29 APRIL 2017 (14:30 – 15:30)
Soldaat

Soldaat
Roekeloos
3
