Twee Suid-Afrikaanse vriende wat mekaar nie in jare gesien het nie, loop mekaar weer by ‘n troue in ‘n klein vakansiedorpie aan die Baltiese kus in die voormalige Oos-Duitsland raak.
Die toneelstuk is vir enige iemand wat al ooit aan die rand van ‘n troue soos ‘n wese uit die buitenste ruim gevoel het.
Tot 24 November by Kunstekaap in Kaapstad. Kaartjies wissel van R50 tot R85.
Kunstekaap Bel-‘n-Sitplek by Tel: 021 421 7695
