Stand and Deliver

Nik Rabinowitz is een van net twee Joodse outjies wat in ‘n stal gebore is – die verskil is Nik kan Xhosa praat.

Rekenmeester word was sy oorspronklike droom, maar gelukkig het hy daai hel net-net ontsnap om ‘n komediant te word. (Gelukkig vir hom is sy vrou ‘n dokter.) Nik se nuwe solo stuk noem hy Stand and Deliver.

In Stand and Deliver wonder Nik hardop hoekom die mense van die Cape Flats dink hy is Coloured, hoekom Afrikaners Israel toe trek en hoekom volwasse mans dinge sê soos: ‘daddy make hot for sossy’.

Die uitverkore volkies kan hom 16 en 17 Maart sien wanneer hy waag om sy voet te sit by Die Boer in Durbanville. Die teer en veer begin 20h30 en as jy wil help sal dit jou R100 kos. Bespreek jou plek in die posse by 021 979 1911 / 083 406 0111. Ons sien jou Nik!

Nik Rabinowitz
Nick Rabinowitz

Lewer kommentaar

Leave a Reply