’n Dekade gelede het Albert Maritz 80 keer die rol gespeel van die kultusfiguur André Stander. Nou ruil hy rolle om met Waldemar Schultz.
Schultz speel die polisieman/bankrower/volksheld, wat ook telkens die rolle vertolk van die cops wat hom soek, die mense wat hy beroof, sy kamerade, sy gebroke ma en talle ander.
Vermaak uit die boonste rakke – ’n groot rolverdeling val saam in een veelsydige akteur!
Met: Waldemar Schultz
Regie: Albert Maritz
Teks: Charles J. Fourie
Vervaardiger: Impresario
Kyk Weer Fees 2013
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
7 – 25 Mei