Daar’s oorlog op die Kaapse Vlaktes. Wie moet die stukke optel? Ambulanspersoneel soos Donavan en Francois van Vehicle 65 in Delft. Elke dag staar hulle die geweld direk in die oë.
Hul verskillende agtergronde maak dit by tye moeilik om saam te werk, maar as die skote begin klap, sien ons ‘n unieke vriendskap tussen twee dapper mans wat nie in statistieke praat of in die parlement sit om met vrugtelose multifase oplossings vorendag te kom nie; twee mans, in stryd met hul eie demone, wat alles net op hul eie manier probeer verstaan.
Steriel is ‘n ontroerende Suid-Afrikaanse drama wat die dilemma van verwarde nuwe generasies blootlê, maar ook tot die ouer garde sal spreek.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
