Stoot

Stoot is ‘n onmisbare buitelug-kunservaring geskep deur die internasionaal bekroonde landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe, Schalk van der Merwe (Bed on Bricks en Delta Blue) en skrywer en regisseur Gaerin Hauptfleisch.

Dié drie kunstenaars het hul onderskeie dissiplines gekombineer om een aanskoulike en innoverende stuk te skep.

Waar daar verlede jaar getrek is, word daar hierdie jaar gestoot. Stoot word ‘n venster op identiteit, op ons samelewing en ons aparte lewens.

Die produksie is vir almal wat al gestoot het, aangestoot het, uitgestoot het, afgestoot het of aanstoot geneem het. As jy kan trek kan jy stoot, en so is die pad besaai met dubbelsinnighede en ander woordmonsters.

Teks en regie: Gaerin Hauptfleisch
Visuele kuns: Strijdom van der Merwe
Musiek en klankontwerp: Schalk van der Merwe
Met Stephanie Hough, Bongile Mantsai en Jan-Hendrik Opperman

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar