Handel se Messias

Goeie Vrydag is vir baie mense die hoogtepunt op hulle geestelike kalender. Om hierdie betekenisvolle gebeurtenis te vier, pak Richard Cock en die Mosaïek-kunstespan Händel se bekende oratorium, Messiah (oftewel Messias), aan.

Op 6 April om 12:30 die middag by die Mosaïek Teatro, Fairlands, span die Johannesburgse Feesorkes, die Chanticleer Sangers en soliste, Marion Roberts, Don Borroughs en Andre Howard, onder leiding van Richard Cock, kragte saam met Susan Coetzer, Philip Moolman en Anrich Herbst en ander kunstenaars om hierdie ‘n onvergeetlike Mosaïek-belewenis te maak.

‘n Negentig minute verwerking van die hoogtepunte in die stuk maak deel uit van die program wat van multimedia, video, monoloog en ander kunsvorms gebruik maak om dit op so ‘n manier oor te dra dat dit vir die hede toepaslik sal wees.

Hierdie oratorium, wat in drie weke in 1742 deur Georg Friedrich Händel geskryf is, word as deel van sy erfenis gebruiklik tydens Paasseisoen opgevoer. Een van die groot tradisies van hierdie stuk is juis om tydens die bekende Hallelujah-koorwerk te staan, ‘n praktyk wat sedert 1743 in gebruik geneem is, deur die voorbeeld van Koning George II wat so aangedaan was deur die musiek dat hy gevoel het om te staan tydens hierdie deel van die program.

Hierdie stuk musiek, wat al 265 jaar oud is, en liriek uit die Bybel, is steeds roerend. Geen wonder meesters soos Ludwig von Beethoven het Händel beskryf as “die grootste komponis wat nog ooit gelewe het”, en Franz Joseph Haydn het na die aanhoor van hierdie oratorium gemeld: “Hy was die meester van ons almal”.

Lewer kommentaar

Leave a Reply