Dié solovertoning ondersoek die kwellende onbekende ruimte van voorvaders en die hedendaagse werklikhede van skool- en bende-ontgroening.
Stof Rooi vertel die storie van ’n seun wat van sy bloedlyn ontvlug, na ’n toekoms gevul met meer belofte, hoop en betekenis. Soos hy worstel om homself te bewys, weg van ’n kultuur en erfenis wat geen toekoms het nie, veg dié twee wêrelde om sy lyf oor te neem.
Met: Dustin Beck
Regie: Jason Jacobs
Vervaardiger: Produksiehuis: KleiSand Teater en Theatre Arts Admin Collective
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 40 minute
Kaartjies: R100
Plek: Laerskool Wesbanksaal, Oudtshoorn
Datum: 13 April 11:30; 15 April 09:00
KKNK 2017
Stof Rooi
Stof Rooi
Roekeloos
3
