Stories is mos kos

´n Mens kry langes en kortes, skurwes en skones, oues en nuwes, snaakses en bangmakers. Maak nie saak hoe hulle lyk nie, almal hou van hulle, want stories is mos kos!

En hier gaan julle vier verskillende stories hoor, maar wees gewaarsku: die karakters gaan lewendig word en die stories gaan rerig-erig voor jou oë afspeel. So moenie skrik as hekse en wolwe en skilpaaie en goeters op die verhoog begin rondspring nie. Dis mos maar net stories…

As jy die eerste een kan oorlewe, sal die res maklik wees, want in die eerste storie is daar ´n man-vrou-ding met ´n groot wit sak wat kinders wil vang. Sy is oud en lelik en sy dra so ´n laang swart rok. En onder daai swart rok is haar harige bene en mans-stewels weggesteek. Niemand weet of sy ´n man of ´n vrou is nie. Al die kindertjies in die Kaap ken hierdie liedjie: Antjie Somers, se vir my, is jy hy of is jy sy?
Hoe ookal jou storie sy, my sal jy nooit-nimmer kry.

Lewer kommentaar

Leave a Reply