#suidoosterfees Ek missie Ses

Loit Sôls se gedig “Ek missie Ses” skep ‘n prentjie van ‘n lewe in die Distrik Ses-era.

Terwyl daar beslis negatiewe ervaringe rondom die tyd is, was daar ook positiewe aspekte.

Die produksie kombineer musiek, sang, dans, en ook poësie deur digters Sôls en Diana Ferrus, om die persoonlike ervaringe van individue gedurende die Distrik Ses-era te reflekteer.

Hulle verhale word in ligte trant vertel. In plaas daarvan om die negatiewe aspekte van Distrik Ses uit te lig, fokus dié teaterstuk eerder op hoe mense geraak is deur hul eie ervaringe en hoe hulle vorentoe kyk, of vasgevang bly in die verlede.

* DEBUUT *

Met Whaden Johannes en Lindsey Abrahams (sang)

Regie en Choreografie Allison Hendricks

Musiek Leslie Javan

Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R110
Plek: Kunstekaap kykNet Teater, Kaapstad
Datum: Saterdag 30 April 10:00-11:00, Sondag 1 Mei 21:00-22:00

Suidoosterfees 2016

Ek missie Ses,
Roekeloos,
2 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply