Die stuk wat geïnspireër is deur Tsjaikowski se Swanemeer volg die Prins se stryd om vryheid. As tematiese ruggraat fokus die storie op ‘n jong mynwerker se droom vir ‘n beter lewe vir hom, sy ouma en sy gestremde suster.
Saans tree hy die kosmiese wêreld binne waar hy met die maan sy drome deel. Die maan van beide lig en donkerte is ‘n mitiese KhoiSan geïnspireerde storieverteller en lei hom op ‘n pad van vryheid, maar teen ‘n prys.
Met poësie en dans besoek Kalahari Swaan verskeie magiese ruimtes wat by ons samelewing spook.
Met Jason Jacobs, Dustin Beck, Maggie Fernando en Kaylin Coetzee
Teks & Regie Jason Jacobs
Verhoogbestuurder Dian Marcovecchio
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R90
Plek: Kunstekaap Arena, Kaapstad
Datum: Donderdag 28 April 20:00-21:00, Saterdag 30 April 11:30-12:30, Sondag 1 Mei 20:30-21:30
Kalahari Swaan,
Roekeloos,
19 April 2016.
