#suidoosterfees Viva D6 Queens

Die produksie speel af teen die agtergrond van al die huidige ontwikkeling in Soutrivier en Woodstock en is ‘n toonbeeld van hoe ver ons al gevorder het – ook of ons die belangrike lesse geleer het tydens die afgelope 50 jaar.

Die Majestic was uitsonderlik beroemd en mense het van oral die Distrik, Soutrivier en Woodstock gekom om hulle hare hiér te laat doen! Barbie het die Majestic bestuur en sy het nog steeds die sleutels.

Die uitspattige Barbie was beroemd; nie net omdat sy handig was met ‘n haartang nie, maar ook vir haar optredes in die salon en op die verhoog. Sy was Majestic!

Kom saam met The Pedestrians, Suidoosterfees se eerste wenners van die Talentsoektog wanneer hulle musiek gebruik om ons op ‘n reis deur tyd te neem, om die Majestic te verken.

* DEBUUT *

Regie Quanita Adams

Vervaardiger FP Productions

Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R110
Plek: District 6 Museum Homecoming Centre, Kaapstad
Datum: Donderdag 28 April 15:00-16:00, Vrydag 29 April 22:00-23:00, Saterdag 30 April 22:00-23:00, Sondag 1 Mei 15:00-16:00

Suidoosterfees 2016

Viva D6 Queens,
Roekeloos,
5 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply