Sussie: Cheers!

Ons vier Sussie se grootste treffers! Sussie was al suur, sy’t al uitgerafel, gebraai, gesurvive en haar lewe is ’n sirkus … vyf jaar later staan sy sterker as ooit en sy sê cheers!

Ons drink saam ’n heildronk op alles en nog wat … hede, verlede en die toekoms! Ons klink ’n glasie op ons families, vriende, geld, groei in alle rigtings, joga, rystoele, ouderdom, Bulgaarse jogurt, kleuresport, jou naam met ’n plank slaan en lekker lag!

Marion Holm gaan haal ’n paar juwele uit die vorige vyf Sussies, stof dit af en dollie dit op vir julle kykgenot!

Wat praat jy … natuurlik is daar nuwe goed ook. Something old, something new, something borrowed, something blue … dis vanjaar se Sussie! Jy sou verwag dat so ’n propvol konsert jou ’n arm en ʼn been sou kos … maar nee, sy vra net jou hart.

innibos 2009

Marion Holm
Marion Holm
Met Marion Holm.
Teks: Chris Vorster, Marion Holm en Hennie van Greunen
Produksie: Handyminds
Regie: Chris Vorster
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Do 2 Jul 19:00, Vr 3 Jul 20:00, Sa 4 Jul 18:00
Venue: Laeveld Laerskool
Tydsduur: 75 min
Prys: R75

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar