Swart September kyk na die invloed wat moderne ikone het op hulle aanhangers, maar ook in ´n meerdere mate na die invloed wat die aanhangers op die ikone het. Die stuk vertel die storie van Johny September, (gespeel deur Riaan Visman), ´n visionere/filosofiese performance poet, sy leefstyl en verslawende invloede, wat lei tot die verwoesting van talle lewens.
Die stuk speel af oor drie dae in die heedendaagse Stellenbosch, en raak verskeie onderwerpe aan waarmee studente, en selfs skoliere, op ´n daaglikse basis te doen kry – veral die dinge wat gewoondlik onder die mat ingevee word.
Die teks is geskryf deur Danie Knipe, Tanya van Tonder en Tiaan du Preez vir die Klein Libertas Teater se Amateurvleuel. Danie Knipe en Tanya van Tonder neem die regie waar en die rolverdeling bestaan uit Riaan Visman, Martine Burger, Lisa Nortjé, Dominique Schoon, Richard Gush, en die stem van Johann Nel.
BELANGRIK: Die teks bevat taalgebruik wat nie vir kinders bedoel is nie.