Ná die sukses van Altyd Jonker verlede jaar, snoer regisseur Jaco Bouwer en aktrise Nicola Hanekom weer kragte saam.
In Teer word onthutsend eerlik gekyk na ‘n jonger generasie en die kompleksiteit binne afhanklike verhoudings – soms met ‘n baie komiese aanslag.
‘n Jong man is vasgekluister in ‘n rolstoel en word pligshalwe versorg deur sy vrou. Sy voel ook verplig om haar swanger suster wat met selfmoord dreig, te akkommodeer, en uiteindelik ook dié se man wat haar suster fisies mishandel.
Vier jong mense ontneem van drome, en fisies en psigies so afhanklik van mekaar dat dit parasitiese proporsies aanneem.
Marius von Mayenburg wat die oorspronklike Parasiten geskryf het word allerweë beskou as dié toonaangewende jong Duitse dramaturg. Sy werk is reeds in 40 lande opgevoer.
Vertaling en uitvoerende vervaardiging: Saartjie Botha
Met Neels Coetzee, Nicola Hanekom, Leon Kruger, Eben Genis en Nicci Schoeman.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)