Dosis Waarheid

Net soos die wit renoster en die Kaapse fynbos is die opinie ook ‘n bedreigde spesie in Suid-Afrika.

Niemand sê meer wat hulle werklik dink nie en verkies om eerder maar ‘n polities korrekte bestaan te voer, wat uiters frustrerend is.

Dit is waar Rian van Heerden inkom. Rian sal sê wat jy nie kan nie sonder enige vrees vir die gevolge. Dit is soos om ‘n ou by die sirkus dop te hou wat sy kop so diep as moontlik in die leeu se bek druk.

Geen radiostasie wil hierdie voormalige DJ meer in diens neem na die mees onlangse debakel by 702 (waar konsewatiewes gevra is om hulle suurstofmaskers af te haal) nie. Verskeie dagvaardigings en afdankings (insluitende as aankondiger by Loftus) in die verlede stuit hom nie. Na die sukses van sy solo vertoning Onbesny verlede jaar is Rian terug met Dosis Waarheid, die ouer boetie van 2006 se stuk.

Die wag voor Rian se mond is hierdie keer totaal afwesig. Swak Afrikaanse vermaak, misdaad, Toni Yengeni, boereleiers, gays, Jacob Zuma, dronkenskap, Grieke, verkeersligverkopers , George Bush en selfs varke is sommige van die talle temas hierdie jaar.

Watter reaksie sal die show hierdie jaar uitlok?
Verwag ‘n opwindende aand wat selfs ‘n polisieklopjag mag insluit.
Dosis Waarheid is Afrikaanse stand-up komedie op sy beste!
Nie vir sensitiewes nie!

Rian van Heerden(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply