’n Witgepleisterde grafsteen en ’n duiwellin; ’n beteuterde welsynwerker en ’n vernuftige prostituut; ’n ryk sakeman en ’n verarmde alleenouer-ma; ’n reeksmoordenaar en ’n voorbeeldige skoolhoof; ’n mindere digter en ’n verpleegster met ’n kontantvloeiprobleem – almal moontlike karakters wat die gehoor kan verwag in Teerling, PG du Plessis se eerste drama in vyf jaar.
Met: Marcel van Heerden en Milan Murray
Regie: Sandra Prinsloo
Teks: PG du Plessis
Vervaardiger: Alexa Strachan
KKNK 2012
Afrikaans, Geen o/16
95 minute
R95
Griesselsaal, Oudtshoorn
4 April 10:00 5 April 14:30 5 April 20:00 6 April 10:00 7 April 14:30
Lewer kommentaar