Daai ene met die vlerke

Het jy al ooit ‘n engel gesien, gevoel, geruik? Wat sal jy maak as jy een in jou kombuis betrap?

Na die landswye wegholsukses van Die duiwel dra Crocs is akteur en kabaretsanger Willie Strauss terug met ‘n nuwe stuk. Daai ene met die vlerke is die storie van die engele en die mense wat met hulle in kontak kom en hoe die gebeure tydens ‘n plattelandse krimiskonsert almal se lewens verander wat deel was van die opvoering.

In hierdie kabaret word die fyn en astrante feite, die humor en energie van hierdie wonderwesens gevier.

Daai ene met die vlerke is magies en vermaaklik – warm, aards, -propvol humor, patos en hoop. Pianis Roelof Colyn tree op as begeleier en saam met Strauss nooi hulle Engele om saam te kom vlieg met hulle energie wat hulle saam op die verhoog uitstraal. Roelof Colyn het al die verhoog gedeel met die land se grootste sterre maar almal ken hom as die talentvolle pianis in die produksie Handful of keys wat al reg oor die wêreld getoer en gehore vermaak het. Willie en Roelof is vir die eerste keer in jare weer saam op die verhoog en dit beloof om gehore op ‘n musikale reis saam met die engele te vat.

Die kabasert van Willie is ‘n aardse storie wat vlerke kry en in alle ongewone rigtings vlieg want iewers in die vertoning sal jy jouself kan raaksien …

Met sketse deur Willie, Lizz Meiring, asook liedjies deur bekende liedjieskrywers soos Karin Hougaard, Johann Slabbert, Catherine Jones, Fanie Fouche en Christa Steyn, word Daai ene met die vlerke ‘n kabaret oor hoe die bo-aardse wesens, onlosmaaklik deel van ons aardse bestaan is.

Willie Strauss
Willie Strauss

Lizz Meiring is die regisseur en legendariese Christa Steyn doen die musiekregie.

Daai ene met die vlerke loop saam met die vrystelling van Willie Strauss se nuwe CD, Ek kon sweer, waarin die produksie se liedjies opgeneem is.

Sanna Swart, multibekroonde beeldhouer, en die internasionaal bekende skilder Lynette ten Krooden skep die interaktiewe kunswerke wat op die verhoog verskyn en saam maak die verskillende kunstenaars met hulle verskillende style ‘n unieke teater gebeurtenis.

KKNK 2012

4 April – 18h00 Neelsie Teater – KKNK
5 April – 10h00 Neelsie Teater – KKNK
6 April – 15h00 Neelsie Teater – KKNK
7 April – 12h30 Neelsie Teater – KKNK

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply