The Echo of a Noise

In The Echo of a Noise kyk Pieter-Dirk Uys terug oor sy lewe.

Hy was al meer as 7 000 keer alleen op ’n verhoog dwarsoor die wêreld. Teen die tyd weet hy al, elke optrede is soos jou eerste en jou laaste, want elke gehoor verwag iets anders.

Pieter-Dirk Uys vier vanjaar sy 70ste verjaarsdag. In dié stuk leer jy meer van wie en wat hom op die pad gesit het en hom laat uitstaan bo die res; sy pa Hannes Uys, sy ma Helga Bassel, sy oumas, sy onderwysers, sensors, Sophia Loren, sy passie, vals wimpers en sy mond oopmaak wanneer die res stilbly.

Dis gewoon Uys in gesprek, oor sy openbare personas, maar ook sy privaat lewe.

Theatre on the Bay, Kampsbaai
31 Mei tot 18 Junie 2016
Kaartjies: R100 / R120 / R150 / R160 / R 180
021 438 3301 / 076 766 5040

The Echo of a Noise
The Echo of a Noise

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar