Pretoria se kunstefees, The Finery Arts Festival, is terug en groter as ooit. TFAF 2017 vind hierdie jaar plaas op Saterdag 30 September en 1 Oktober by Kievitskroon Country Estate.
TFAF beloof om weereens ‘n sensasie vir die sintuie te wees en ons het ‘n program propvol met opwindende musikante soos ABC Band, Rubber Duc, Majozi, teater produksies, en kontemporêre kuns onder die afdeling, Artistry. Wynproe deur spesiaal geselekteerde wynplase, Wineries en ‘n verskeidenheid van die lekkerste kos en deli-produkte, Eateries, sal jou, jou lippe laat aflek. Vir die koffiekenners sal die Roastery nie net geurige koffie verskaf nie, maar jou ook op ‘n reis vat van koffieboon na koffiekoppie. In ons Craftery afdeling het ons ‘n verskeidenheid kraft drankies, maar ook interessante interaktiewe werkswinkels, waar jy leer om jou eie kraft gin of bier te maak.
Omring deur die skoonheid wat die betowerende Kievits Kroon bied, kan feesgangers die musiek, teater en kontemporêre kuns geniet, als ingesluit in die ingangskaartjie prys van R120 aanlyn.
TFAF is ‘n plek waar familie en vriende die gejaadheid van die lewe kan ontsnap vir ‘n dag of twee. Bo en behalwe die kinderteater-produksie wat die oggend wys, het ons ook ‘n toegewyde kinder-hoekie waar die jongspan besig gehou word interessante en kreatiwe aktiwiteite, wat ‘n waardering vir die kunste in die kleingoed kultiveer.
Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R120 by http://thefinery.co.za/tickets/ en sal R150 by die hek op die dag kos. Earlybird special hardloop van 1 Junie – 31 Julie.
Besoek asseblief ons FB eventblad: https://www.facebook.com/events/1475127635838617/
Webtuiste: www.thefinery.co.za