“Whoever woulda believed that a simple act of switching on a car radio could change the course of your life …”
Hierdie hartroerende komedie is geskryf deur Paul Slabolepszy en vertel die verhaal van Eddie, ‘n afgelegde ondervloer verhitting verkoopsman wat sy lewe wil beëindig, totdat Elvis, die koning van “Rock ‘n Roll” intree.
The return of Elvis du Pisanie, met die skrywer as Eddie, is vir die eerste keer opgevoer in 1992 en het en verskeie pryse ingepalm onder andere beste teks.
Pierre-Arnold Theron (van Mr Cat and the Jackall faam) staan hierdie keer Eddie se skoene vol. Op ‘n verlate straathoek, met slegs ‘n lamppaal as geselskap, neem hy ons op hierdie uiters snaakse, dog hartverskeurende avontuur.
Deur: Paul Slobolepszy
Met: Pierre-Arnold Theron
Regie: Juanita Swanepoel
Assistent regie: Suzaan Keyter
6 Maart 20:30 | 10 Maart 22:30 | Klein Libertas Teater, Stellenbosch | 75 minute | R90, R65