Tien teen een weer alleen

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Opruiend, uitlokkend en afgepis. Dis ‘n jaar later, nog ‘n fees, en die keer is sy Tien teen een weer Alleen.

Lindie Stander is terug, na haar benoeming vir ‘n Kanna Toekenning vir Vinger-Alleen verlede jaar en sy is op TV. Dit beteken egter nie dat sy haar vlymskerp sin vir humor verloor het nie, want een ding van Suid Afrikaanse TV is dis vrek snaaks, en dan praat ons net van die sportuitsendings. Terwyl sy haar in dié skreeusnaakse verhoogproduksie toespits op ‘n moontlike loopbaan verskuiwing van uitvoerende kunstenaar na visuele kunstenaar, met natuurlik die visuele choas wat daarmee gepaard gaan, lewer sy konstant kommentaar oor politiek, sport, verhoudings en ander sosiale ongemaklikhede. Korrupsie, omkopery, bitching, moaning en ander Suid Afrikaanse stokperdjies kom ook onder die loep as sy alledaagse waarhede en naarhede uitlig in haar toepaslike energieke, gatskop trant. Haar ervaring as aanbieder word ingespan en sy ontvang selfs ‘n paar gaste, maar eindig soos gewoonlik alleen.

Lindie Stander het die afgelope paar jaar bekend geword as een van Suid Afrika se snaakste Afrikaanse komediante, en die “stand-up” styl van haar opvoerings is steeds redelik uniek in Afrikaanse teater. Tien teen een weer Alleen beloof om geen uitsondering te wees met Gaerin Hauptfleisch wat soos gewoonlik die regie behartig en die stem in die donker vertolk.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar