Towertyd

Vir hul einde van die jaar produksie delf die Klein Libertas-teater in Stellenbosch in Kerstyd – die tyd van die jaar waarin verskeie feeste gevier word op eiesoortige kulturele maniere.

Met ‘n groot verskeidenheid musiekstyle en voorlesings deur teaterlegendes Carel Trichardt en Petru Wessels en formidabele virtuoos violis Roelof Swart in ‘n viering van vrede, blydskap, welbehae en lig.

As reeds bekende teaterkoor gaan die groep individue soos altyd die gehoor vermaak, laat glimlag en met warm harte laat huis toe gaan. Ja, daar’s Stille Nag, maar nie soos jy dit ken nie! Maak gereed vir ‘n verrassende inleiding tot jou Kersseisoen.

27 & 29 November
Tyd: 20h00
Toegang: R80 (R60 pensionarisse, R50 kinders/student)
Besprekings: 021 883 8164 of klt@klteater.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar