Die Kaapse Stadsballet se jaarlikse Ballet Toekennings, ‘n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse balletkalender, het Saterdag by die geselskap se ateljee in Rondebosch plaasgevind. Verskeie pryse is by die swierige geleentheid, wat deur lede van die Friends of Cape Town City Ballet vereniging bygewoon is, oorhandig.

Die wenners van die Kaapse Stadsballet se jaarlikse toekennings vir 2013 is deur die voorsitter van die geselskap se raad, Mnr Henry Sudwards, aangekondig:

Balletomane toekenning aan ‘n vroulike danser: Kim Viera
Balletomane toekenning aan ‘n manlike danser: Jesse Milligan & Ivan Boonzaaier
Hierdie prys, wat sedert 1976 toegeken word, erken uitsonderlike artistieke gehalte en waardering vir die bydra tot gehore se genotvolle teaterervaring regdeur die jaar. Hierdie toekenning word deur die Friends of Cape Town City Ballet vereniging gemaak.

Toekenning vir die mees belowende opkomende danser: Rosamund Ford
Hierdie toekenning erken die noemenswaardige talent en vaardigehede van ‘n danser wat nie korter as drie maande, en ook nie langer as twee jaar in die geselskap is nie. Dit word toegeken deur die Friends of Cape Town City Ballet komitee.

*Die Geoffrey Niemen en Brain van Rheede toekenning vir mees uitstaande vertolking van die jaar: Laura Bosenerg as Aurora in The Sleeping Beauty
Hierdie toekenning is vir ‘n besonders uitstaande vertolking deur ’n danser tydens die jaar en word deur die borge van die toekenning beslis.
Die genomineerdes vir hierdie prys was:
Laura Bosenberg (as Aurora in The Sleeping Beauty)
Johnny Bovang (as Carabosse in The Sleeping Beauty)
Angela Hansford (as Lilac Fairy in The Sleeping Beauty)
Jesse Milligan (as Armand in Camille)

Gaste is tydens die geleenthied met ‘n heerlike ete bederf, terwyl dansers van die geselskap as gasvroue-en-here opgetree het. ‘n Spesial prys is ook oorhandig aan die danser wat hul tafel op die mooiste of oorspronklikste manier versier het volgens die tema van die aand, “Night & Day”.

Balletaanhangers kan daarna uitsien om hul geliefkoosde dansers tydens die Kaapse Stadsballet se Kersseisoen in aksie te sien by Kunstekaap vanaf 11 Desember 2013 – 11 Januarie 2014. Dit sluit in Robin van Wyk se nuwe ballet The Tin Soldier, die sjarmante Belles & Beaux en die borrelende Night & Day. Besprekings by Computicket of Kunstekaap-bel-‘n-sitplek by 021 421 7695. Spesiale afslagpakette is beskikbaar vir groepe van 10 of vir kombinasie-kaartjies vir kaartjie na meer as een vertoning.
.
Kaapse Stadsballet se Kersseisoen 2013-14 by Kunstekaap
The Tin Soldier: 11 – 24 Desember 2013, Kunstekaap Operahuis
Belles and Beaux: 18 – 22 Desember 2013, Kunstekaap Operahuis
Night & Day: 30 Desember 2013 – 11 Januarie 2014, Kunstekaap teater

(van links na regs) Kim Viera, Jesse Milligan, Ivan Boonzaaier, Rosamund Ford & Laura Bosenberg
(van links na regs) Kim Viera, Jesse Milligan, Ivan Boonzaaier, Rosamund Ford & Laura Bosenberg

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar