Uitgeplug

“Na skeitBANG en Suurgat het ek besluit om vanjaar ‘n show te doen wat nie met ‘n S begin nie,” sê Leon Kruger oor sy nuwe eenmankomedie. “Ek kan steeds nie ‘n vrou kry nie. Ek kan nie eens ‘n meisie kry nie. Hel, ek is so sleg, ek kan nie eens ‘n man kry om my meisie te wees nie.

“In die 70’s het ons Landbouweekblad se Hoekie vir Eensames gehad, en vandag het ons internet dating. Met tegnologie het ons gegaan van waar jy uit tien briefies jou droomvrou moes kies, jy nou eers na tienduisend foto’s kyk voor jy iets oor die persoon wil lees. Maar van toe tot nou het een ding dieselfde gebly: almal lieg oor wie hulle werklik is.”

“En in daai dae was dit heelwat makliker. Toe het ‘n vrou net na ‘n man gesoek wat haar sal liefhê, ondersteun, onderhou en koester. Deesdae se vroue soek ‘n emosionele, sensitiewe, nie-rokende, viertalige man wat hou van Chihuahuas en crème brûlée bo braaivleis verkies. Hulle soek nie ‘n man nie; hulle soek ‘n vrou met ‘n diep stem!”

“Ek weet nie of voorafgaande enigiets met die show te doen het nie, want ek dink nog daaroor, maar wat ek wel weet, is dat ek die wêreld se beste Marmite-en-kaasbroodjie maak!”

Kom kyk maar self.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar