Gisteraand sit ek nog so in my flat hier in Londen en kyk na die nuus tussen programme – en hoe groot was my verbasing nie toe ek so deur my slaap ´n tipiese SA getoi-toi op Britse TV sien. En dit nogal voor ´n teater in die beroemde West End van Londen!!
Uitstekende SA teaterstuk wat se speeltyd verleng is “…due to public demand…”. Maar min het die Britte besef hoe hard Afrika se stem moet wees om gehoor te word oor die sandvlaktes. En dit was toe ook nie eens lank nie, toe begin die bokvel tromme en dromme te hard gesels na die Britse smaak. ‘Cause, luv, the rythmic pounding is just to much bare over a cup of tea …’
So gister is die teater se deure gesluit en die hele Umoja-volk het staan en sing en dans op die sypaadjie voor die teater – soos net hulle kan! Opelug teater op sy beste!
Lekke-lekke Afrika!
