Van ganser harte
Moenie van jou hart ’n moordkuil maak nie, want elke hart het sy smart.

Dra jou hart op die mou, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor.

Van ganser harte doen presies dit. Vier uiteenlopende, skreeusnaakse sketse deur twee nuttelose romantikusse. Elke skets word deur ’n liefdes-vers vergesel, maar daar is kinkel in die
kabel. Slegs een skets word elke uur opgevoer, maar die vraag is: Watter een?

Dalk praat die skets van die uur met jóú hart.

* Debuut *

Met: Des-Lee McKenzie, Ian van der Westhuizen en Monique Basson

Regie: Ian van der Westhuizen

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: OB
Tydsduur: 20 minute
Kaartjies: R20
Plek: Voor die Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart – 4 April 2018
KKNK 2018


Van ganser harte

Van ganser harte


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar