1952. Doris Day en Frankie Laine het ’n internasionale treffer met “Sugarbush” wat na bewering deur Josef Marais geskryf is.
In die 1950’s ry Josef en sy vrou Rosa die golf van hul sukses in Amerika as ’n volksang-duo. Hulle het daarvoor bekend geword dat hulle Afrikaanse liedjies sing wat Josef in Engels vertaal. Hul plate word op radiostasies oor Amerika heen gespeel en hulle werk saam met Burt Lancaster en Humphrey Bogart in Hollywood.
Maar terug in die Boland vier Kittie Jaftha nie hul sukses nie. Sy voel verraai en glo hierdie liedjies behoort nie aan Marais en Miranda nie. Sy weet dat Josef hulle by haar en Koos Heuningbek, wat op sy pa se plaas werk, geleer het.
Ver in die wêreld Kittie, ’n musiekblyspel geskryf deur David Kramer, vertel die verhaal van Marais en Miranda se sukses deur die oë van Kittie Jaftha, Koos Heuningbek, Josef Marais en Rosa de Miranda.
MET Dean Balie, Jenny Stead, André Terblanche en Rushney Ferguson
TEKS, REGIE EN MUSIEK David Kramer
MUSIEKREGIE Dylan Roman
MUSIKANT Nick Turner
KLANK EN BELIGTING Ben du Plessis
KOSTUUMS Widaad Albertus
VERHOOGBESTUURDER Nickus Venter
VERVAARDIGERS KKNK en Renaye Kramer
1 April 2023, 11:00 2 April 2023, 13:00 3 April 2023, 10:00 4 April 2023, 18:30 5 April 2023, 14:00 6 April 2023, 10:00 7 April 2023, 14:00
Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
