1602
Nederland was ’n sterk handelsmoondheid in die 16de eeu. Om die onderlinge wedywering tussen Nederlandse maatskappye uit te skakel is daar, onder leiding van Johan van Olderbarnevelt, ’n verenigde handelsliggaam gestig; die Generale Vereenighde Nederlandsche G’octroyeerde Oostindische Compagnie, kortweg die VOC. Die hoogste gesag binne die VOC was die Here XVII.
Die VOC het ’n monopolie ontvang van die staat vir handel vanaf die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot by die straat van Magellaan. In 1652 het die VOC ’n verversingstasie aan die Kaap die Goeie Hoop gestig.