Karatara keer terug na die KKNK nadat dit in 2022 met die Kanna vir beste debuutwerk bekroon is. Dit het ook benoemings gekry vir beste teaterproduksie, beste regie en beste ontwerp.
Karatara is op die Knysna brande van 2018 gebaseer. Op 29 Oktober, in die middel van die nag, verorber die vuur die dorp. Die inwoners verloor alles, party hul lewens.
Dié persoonlike dansdrama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond en ’n heenkome. Dit ondersoek die komplekse dinamika en geskiedenis tussen die gemeenskappe van die gebied en wys hoe die media en politici ’n tragedie as ’n geleentheid gebruik het.

MET Dean John Smith, Shaun Oelf en Grant van Ster TEKS Shaun Oelf en Wilken Calitz REGIE, STEL-, BELIGTING-, EN MUSIEKONTWERP Gideon Lombard CHOREOGRAFIE Die geselskap VERHOOGBESTUURDER Andi Colombo PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts
1 April 2023, 14:00 2 April 2023, 15:00
Gimsaal, Oudtshoorn